Baskiese pelote

Piktogram wat Pelote aandui
Pelote soos gespeel in Ustaritz

Pelote (Spaans: pelota, Baskies en Katalaans: pilota, Frans: pelote van die Latyns: pila) is die naam wat gebruik word vir 'n aantal sportsoorte wat met 'n bal gespeel word met 'n mens se hand, 'n raket, 'n hout spaan (pala), of 'n mandjie (propulsor), teen 'n muur (frontón in Spaans, frontoi in Baskies, frontó in Katalaans) of, meer tradisioneel, met twee spanne teenoor mekaar geskei deur 'n lyn op die grond of deur 'n net. Die oorsprong van die spele kan teruggespoor word na Griekse[1] en ander antieke kulture, maar in Europa is hulle almal van die voorganger van tennis, Jeu de paume, afkomstig. Vandag word Baskiese Pelote in verskeie lande gespeel insluitend Frankryk en Spanje, veral in die Baskeland en omliggende gebiede.

In Valencia word Valensiese pilote beskou as 'n nasionale sport. Pelote of soortgelyke spele word ook in België, die Noorde van Italië, Meksiko, Argentinië en sommige state in die Verenigde State, soos Florida, as ook in landelike dele van Ierland as Gaeliese handbal gespeel.

Sedert die stigting van die Internasionale Federasie van Baskiese Pelota (FIPV van die Spaanse en Franse name: Federación Internacional de Pelota Vasca en Fédération Internationale de Pelote Basque) het die liggaam die verskillende weergawes van die spel gestandaardiseer tot 'n paar eenvoudiger weergawes met vasgestelde bal gewigte, reëls en baan groottes.

  1. The International Federation of Basque Pelota, From Greece to the rest of the world Geargiveer 7 Augustus 2007 op Wayback Machine, Besoek op 14 Oktober 2007

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search